Skrik wakker! Faf en Jakes is de moer in.Foto: Foto24
‘n Liederlike bokkerop wat veroorsaak het dat Jacques Kallis Vrydag uitgegee is, kan nog ’n lelike nadraai vir die Proteas in die tweede toets teen Pakistan hê.
Suid-Afrika se beste toetskolwer van alle tye het die trekpas gekry nadat die skeidsregter Steve Davis hom as gevang uitgegee het. Maar nou het die skeidsregters én die IKR laat weet dis verkeerd. Kallis moes weens tegniese redes nie uit gegee word nie!
Die beslissing kan natuurlik nie later omgekeer word nie, wat beteken Suid-Afrika het Vrydag gaan slaap met byna al die erkende kolwers wat uit is.
Wie weet, dalk kon Kallis, soos AB de Villiers gister, die Ajmal-raaisel ontknoop en ’n reddersbeurt speel. Suid-Afrika was diep in die dinges nadat hulle in hulle eerste kolfbeurt deur die draaiers vasgeknoop is.
Dit vat nie ’n ekspert met ’n kristalbal om te sien Pakistan se spinners hou gróóóót gevaar vir die Suid-Afrikaners op die laaste dag of twee in nie.
Nadat hy Vrydag uitgegee is, het Kallis die beslissing deur die TV-skeidsregter laat heroorweeg en die tegnologie het duidelik gewys dat hy nie randjie bygekry het nie. Maar die gedoente in die drinkwater was dat die bal hom wel teen die beenskut geraps het.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.