Sporty: Die Yaris XR is lekker sportief en sy hantering is koning.Foto: Quickpic
Dis nou al goed bekend dat Toyota se enjins hou en hou. So, toe ek agter die stuur van die Yaris 1.3 driedeur ingespring het, het ek gewonder wat gaan die motortjie alles bied behalwe ’n stewige moutertjie.
Wel, die rondritser se hantering is great en hy het verbasend baie woema vir daai enjin. Check net wat skop hy uit: ’n Goeie 73 kW teen 6 000 r/min. en wringkrag van 125 Nm teen 4 000 r/min. Volgens Toyota is die kraglewering 16% hoër teenoor dié van die vorige model.
Jip, dié Yaris is baie nippy en die Japannese ontwerpers het dit duidelik regdeur die kar gevat. Die fyn afwerking en rooi stitches op die stuurwiel skree dat die karretjie daarvan hou om om draaie gelooi te word. En dat hy daarvan hou om te perform.
Volledige berig in die koerant.