Sool hom! Ruan Pienaar was gister die sondaar wat te veel besit weggeskop het.Foto: Reuters
Dit was nou wel nie die beste 80 minute van rugby nie, maar ten minste het die Springbokke gister langer as 40 minute redelike goeie rugby gespeel.
Die Bokke kon in 2008 laas al hulle games op die einde van die jaar-toer wen. Hulle het gister op Twickenham weer só gemaak deur die Engelse met 16-15 te klop. Hoewel die losskakel Pat Lambie uiteindelik vrye teuels van coach Heyneke Meyer gekry het om die game te speel soos hy dit sien, kon hy nie veel op sy eie doen nie, aangesien Ruan Pienaar die meeste van die besit agter die oond weggeskop het.
Soms het dit vir die Bokke gewerk, maar meestal dit nutteloos. In die vorige games teen Ierland en Skotland was Lambie die sondaar wat al die balle weggeskop het. Dit het gister gelyk of hy en Pienaar rolle omgeruil het.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.