Plesier:Jy sal heeldag lank wil rondrits.
Dis mos nou ’n lekker rondritser.Ek was die week agter die stuur van die nuwe Honda Civic 1.8 i-VTEC hatch, en dit was ’n helse plesier.
Die nuwe Civic is 20 mm laer en dit gee hom dadelik meer van ’n sporty look. Dié Civic is ook 10 mm breër, wat natuurlik meer ruimte in die binneruim bied.Ek het altyd gemoan oor die ontwerp van die vorige Civic, want sigbaarheid by die agterruit was maar beperk.
Die nuwe model se gatkant en agterste ligte is herontwerp, en daai “vlerkie” pla nie meer so baie soos in die verlede nie. Volgens Honda is die buksie ook meer vaartbelyn.Die hatch se hantering is baie lekker en sy suspensie verseker ’n gemaklike rit.
Volledige berig in die koerant en die pdf-weergawe.