Sporty: Die C4 het ’n sportiewe voorkoms en is nie bang vir wilde Mosambiekse paaie nie.
Die SUV-mark in Suid-Afrika is ’n belangrike een vir motorvervaardigers en baie honde baklei oor dié been, maar dikwels hol die derde brak met die been weg.
Citroën het besluit die tyd is reg om dié mark te pak, met die bekendstelling van sy eerste SUV in die land, die C4 Aircross. Ek het die week die voorreg gehad om agter die stuurwiel van die intreevlak C4 te klim asook die topmeneer, die Exclusive en die SUV’s in Mosambiek te toets.
Die C4 het drie modelle, die Attraction, Seduction en Exclusive en dit bied die keuse van tweewielaangedrewe in die goedkoper modelle en vierwielaangedrewe in die duurste kar. Al die modelle het ’n 2 liter-petrolenjin onder die kap, wat 113 kW skop met wringkrag van 198 Nm.
Volledige berig in die koerant.