Stilte voor die Storm? Nuwe coach, Johan Ackermann, saam met GLRU-president, Kevin de Klerk, en Josh Strauss. Foto: Foto24
Daar is iets fishy in die Leeukamp en midde in die stryd is die Lions se geskorste kaalkop-breier. Die president van die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU), Kevin de Klerk, het Donderdag gesê dit is nie waar dat die coach, John Mitchell, se skorsing deur die spelers gedrewe is nie.
Maar hy wil nie verder veel verklap oor wat die ander redes is nie, want dit kan beteken dat Mitchell op net ’n handjievol spelers se tone getrap het.“Dit is onakkuraat om te sê dat hierdie deur die spelers gedryf is. Hierdie is alles nog sub judice. Daar is ’n aantal kwessies wat ons aanspreek rakende die skorsing.
“Dit is nie spesifiek net die klagtes wat die spelers gelê het nie, maar ander klagtes ook. Dit het nie noodwendig net die klagtes van die spelers ingesluit nie,” het De Klerk gesê.
Volledige berig in die koerant.