Neels Lourens: Hulle hou steeds aan om mense links en regs in hulle wa op te laai.
Lichtenburg se twee ambulanskwakke jaag steeds aan. Die twee “parra”-medics Neels Lourens en Sanet Cloete laai steeds mense op met hulle Golden Eye-“roomyswa”.
Maar hulle mag dit nie doen nie, want hulle het nie die regte kwalifikasies nie. Boonop is hulle ambulans nie geregistreer nie en is swak toegerus. In April vanjaar het Sondag berig oor dié twee kwakke wat in die ambulans vry dat die spoeg so spat.
Hulle het ook net ’n eenvoudige BAA (Basic Ambulance Assistant) opleiding.Dit beteken hulle mag eintlik net saam met ’n SUPERVISOR werk, maar hieraan steur die twee hulle nie vreeslik nie. Hulle tel steeds links en regs ernstig beseerde pasiënte op en vervoer hulle na verskeie hospitale.
Volledige berig in die koerant.