Vat só! Graeme Smith speel ’n hou in sy skitterbeurt waarin hy sy tiende honderdtal in ’n internasionale eendag-game gescore het.
Die Proteas het nou wel ’n hopelose Nieu-Seeland-span in die twee kriekettoetse vermorsel, maar wanneer die eerste toets Vrydag op die Wanderers teen Pakistan begin, sal hulle hulle storie moet ken.
Dit is seker onregverdig om só iets van die wêreld se beste toetsspan te sê, maar as Suid-Afrika in die toetse teen Pakistan fokus verloor, soos dit die geval in die one dayers teen die Kiwi’s was, kan dinge lelik skeef uitdraai.
Tog kan die Proteas hulleself troos deurdat hulle in die laaste agt maande met Engeland en die Aussies in dié se agterplase afgereken het om bo-aan die wêreldranglys te lê.
Die Proteas se nuwe hero en naasbeste toetsbouler ter wêreld, Vernon Philander, is weer fiks en reeds in die span ingesluit om sommer al in die eerste toets Pakistan se sterte te probeer knoop.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.