Spasie: Daar’s meer as genoeg ruimte in die cockpit.
DIE Mitsubishi Colt is een van daai bakkies wat donkiewerk bly verrig al loop die kilometers van die speedo af.
Ek was die afgelope week agter die stuur van die Mitsubishi Triton 4×2 enkelkajuit en die werkesel wil daai status van die Colt op Suid-Afrikaanse paaie voortsit.
Die turbodiesel 2.5 liter-enjin is ’n meneer en hy brul soos ’n spiertier wat sy spiere flex en beide die petrol- en dieselenjins het vier silinders. Die 2.5 skop 100 kW met ordentlike wringkrag van 314 Nm. Nou ja, met daai woema kan dié Triton donkiewerk met ’n moewiese smile verrig.
Die Triton se rygemak is ook verbasend vir ’n bakkie en hy spog met lekker baie clearance vir daai rowwe plaaspaaie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.