In sy gloriedae: Jacques Freitag
Die voormalige hoogspringer Jacques Freitag (30) het die hoogspringlat nou laat drop en is WERKLOOS, ’n GELDLENER en ’n PERSONA NON GRATA in Pretoria se kuierkroeë.
Boonop plak die bra ook by sy pensioenaris-ma, Hendrien Freitag, en sy voorsien hom van sy daaglikse brood en botter.
Jacques, wat in ’n stadium die wêreld aan sy atleetvoete gehad het, het dié week weer die nuus gehaal na hy gearresteer is vir die onwettige besit van die dwelmmiddel Cat! (Sien berig elders.) Maar sy lewe het eintlik in ’n tragedie ontvou wat Shakespeare nie eers in woorde sou kon beskryf nie.
Jacques, wat geen kwalifikasie het nie, sukkel om werk te kry en leen by al wat leef en beef geld. Selfs in Bronkhorstspruit, waar hy bly, sukkel die mense om geld uit hom te kry. “Hy skuld my ook baie geld,” het sy sussie, Chrissie Britz, vertel. “Hy bly my boetie. Ons moet hom help.”
Volledige berig in die koerant en die pdf-weergawe.