Eina! Margaret is deur haar neef se hond aan die bene gebyt.
’n Oumatjie wat by haar dogter gaan kuier het in Elladoorne, is erg gebyt deur haar neef se brak toe sy ’n draai by sy huis wou maak.
Die neef bly om die draai van Ouma se dogter se huis en Helen Kuhn is bemoerd oor die manier waarop die situasie hanteer is. Daar is nou ’n helse gestryery oor wie die eienaar van die hond is, want Helen wil die skuldige party hof toe sleep.
Helen vertel dat haar ma Dinsdag na haar neef Dirk Conradie se huis gegaan het om te kuier. Die oumatjie, Margaret Botha (74), het blykbaar by die hek vir Dirk geroep toe die baster-Pitbull die hek oopstoot en haar aan albei bene beetkry. ’n Ooggetuie, wat slegs bekend is as Joseph, het gesê hy het die hele gedoente gesien.
“Dit is seker al die sesde persoon wat deur hierdie hond gebyt is. Ek sal nie rus voor ek weet dat die hond uitgesit is nie,” vertel Helen.
Die groot familievete het begin na die bytvoorval. Hulle stry oor aan wie die hond behoort.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.