Oom Eric: Hy maak die arme tannies in die tehuis bang met stories oor brandstigting.
’n Omie van Sasolburg het die tehuis waar hy bly heeltemal op hol met sy bangmaakstories.
Volgens Eric Kotzee is die arme oumensies in lewensgevaar, want die sleutel by die brandhek is weg.
Nou het hy al die mense in die tehuis paniekbevange oor die moontlikheid dat die tehuis kan afbrand en hulle nie sal kan ontsnap nie. Verder werk hy op die arme tannies se senuwees deur hulle te vertel dat hy ’n gasbottel gaan oopdraai, die gas gaan laat uitloop en dan ’n vuurhoutjie trek!
Die angsbevange tannies snik natuurlik soos hulle huil. “Die tehuis waarin ons bly is vir bejaarde armlastiges en daar is baie kruppel oumense hier wat nooit sal kan uitkom indien ’n brand uitbreek nie,” vertel Oom Eric.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.