Los my! Pat Lambie het één keer met die bal gehol. Foto: AP
Agge nee wragtig, so kan dit nie aangaan nie!
Die Springbok- coach, Heyneke Meyer, kan hiernatoe en daarnatoe soos hy wil, maar hierdie blerrie geskop is besig om Suid-Afrikaanse rugby ’n stadige dood te laat sterf. Die Bok-losskakel Pat Lambie het ’n helse klomp van sy span se besit doelloos weggeskop! Maar dit is nou duidelik dat dit nie langer die losskakel se besluit is nie,. Dis Meyer se plan om elke span ter wêreld só te probeer klop.
Die Bokke het nou wel gister met 21-10 gewen, maar mens kan nie anders as om te voel dat die score net soveel groter kon gewees het as Lambie die bal bietjie meer laat loop het. Die feit dat die bal bloot net weggeskop word, beroof die Bokke se giftige agterspelers van waardevolle besit om meer aanvalle te loods en kreatief te raak.
Hel, as die bal meer as twee keer deur ses van die sewe agterspelers se hande in een beweging gegaan het, is dit ’n wonderwerk. Die Bokke gaan nie Saterdag op Twickenham met sulke rugby die Engelse klop nie.