Issie! “Ek was NIE dronk nie!” sê Lydia Winchester. Foto: Alan Murdoch
Lydia Winchester, die moeder van die Afrikaanse musiekbedryf, het die afgelope week ’n paar kunstenaars laat regop sit toe sy daarop aandring dat hulle op hulle knieë gaan staan.
“Lydia het by die Afrikaanse Musiekfees by Carnival City die mikrofoon gegryp, al die sangers na vore geroep en hulle op hulle knieë gedwing,” het ’n bekende sanger aan Sondag vertel. Dié kunstenaar, soos die ander waarmee Sondag gepraat het, het uit vrees vir viktimisasie verkies om anoniem te bly.
“Kom staan hier op julle knieë en sê dankie dat julle hier kon sing,” het sy volgens getuies gesê. Kleefklank en Divvi was op hulle knieë, maar die res van die sangers het hulle koppe in skaamte laat sak en was bloedrooi in die gesig.
Volledige berig in die koerant.