Boer soek ’n vrou: Is hulle huweliksbootjie aan die sink? Foto: Wesley Vorster
Een van Suid-Afrika se geliefste aktrises se huweliksbootjie is blykbaar aan die sink.
Angelique Gerber, wat bekendheid verwerf het vir haar rol as Clara, die Roemeense flerrie in 7de Laan, en deesdae aanbieder van Boer Soek ’n Vrou, kan een van die dae dalk self op soek wees na ’n nuwe “boer”. Angelique het aan die einde van 2011 ’n sprokiestroue gehad by Rust en Vrede in die Boland, maar ’n bron na aan die familie het teenoor Sondag onthul dat hulle huwelik in GROOT MOEILIKHEID is. Volgens hom is dit heel moontlik dat Angelique en haar man, Ben-G van Niekerk, se paadjies gaan skei.
Tydens Angelique se geseënde troudag, het sy ewig trou aan haar man belowe met haar eie toespraak wat sy geskryf het, maar dit wil voorkom of sy haar werk voor haar huwelik geplaas het en dis waarom die huwelik op die rotse is, verklap die bron.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.