Vat Vyf! Faf du Plessis is Sondag se sportster van die jaar.Foto: Dawid Roux
Ná ’n helse kopkrappery is daar besluit die nasionale krieketheld Faf du Plessis moet 2012 se kroon dra. Hy is Sondag se sportster van die jaar!
Daar was vanjaar baie Suid-Afrikaanse sportsterre wat op verskeie vlakke uitgeblink het. Gevolglik was dit nie maklik om dié sportster te kies nie. Maar dit is ook wat die keuse terselfdertyd lekker gemaak het – om daardie sportdiamant tussen hulle uit te krap. Dit sit nie in elke man se broek om amper eiehandig ’n oorgehaalde Aussie-krieketspan aan te vat en ore aan te sit nie. Maar Faf het daardie uitdaging aanvaar sonder om ’n oog te knip. Dit nogals in sy eerste toets vir die Proteas.
Faf het moerse guts en deursettingsvermoë aan die dag gelê om komkommerkoel in die tweede beurt van die tweede toets teen die Aussies te bly en sodoende te keer dat die Proteas dié game verloor.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.