Joerels: “Hy is ’n volstrekte lafaard wat in die tronk hoort.” Foto: Christiaan Kotze
’n Splinternuwe Facebook-blad het hierdie week kop uitgesteek: Afrikaners vir wie ons skaam kry.
’n Tipiese “name and shame”-metode is gebruik om verskeie gekke waarvoor Suid-Afrikaners glo skaam behoort te kry, te identifiseer. Die blad is besig om blitsig te groei soos mense bitsige aanmerkings oor dié mense maak.Van celebs tot politici met groot foto’s van hulle daarby word op die blad geplaas.
Bles Bridges, Jurie Els, Robbie Klay en sy pragtige moeksie, ou Skelm Hansie Cronjé, Sunette Bridges en Sorina “Die Flooze” is van die celebs wat tot dusver die lys gehaal het. By Jurie Els se foto het Daantjie Badenhorst die volgende geskryf: “Hierdie doos het Afrikaanse musiek se naam deur die modder gesleep, en toe weggehardloop. Hy is ’n volstrekte lafaard wat in die tronk hoort.”
Volledige berig in die koerant.