Die arme Jennifer Lawrence! Die Oscars-aand het beslis nie goed vir haar afgeloop nie. Eers het sy van die trappe afgeneuk toe sy haar toekenning as beste aktrise ontvang het en toe het sy later die aand – haar middelvinger vir die joernaliste in die mediakamer gegooi. Dit lyk nie of sy heeltemal besef het was sy gedoen het nie. Sy’t haarself behoorlik koud geskrik en dadelik die middelvinger-image probeer afskud!