Vrydagaand se krieket het spannend geïndig toe die Proteas ‘n ses van die laaste bal geslaan het om sodoende die Swart Pette te klop. Die Australiese ope tennis dames titel is gewen deur Victoria Azarenka van Belarus en die mans titel deur Novak Djokovic van Serbië. Saterdagmiddag het die Goue Leeus rugbyspan, wat hierdie jaar nie in die Super 15 reeks speel nie, almal verras deur die Cheetahs met 33 – 17 te klop.