Stroopsoet: Liz Meiring meen Steve Hofmeyr is ’n regte sweetie pie.
Meer as die helfte van die Afrikaanse volk lek reeds hul lippe af vir die splinternuwe Afrikaanse musical Pretville.
Die sets, kostuums en musiek lyk soos ’n fees vir die oog en oor.
Met hoë verwagtinge het ek voor die skerm gaan sit om die fliek te kyk, maar na ’n halfuur was ek bitter teleurgesteld!
Eerstens, daar’s maar min van ’n storielyn. Serah Somers (Marlee van der Merwe) bly op die klein dorpie Pretville saam met haar ouma Sarie (Annette Engelbrecht) en ma Emily (Sanet Ackermann).
Die ducktail Frank (Marno van der Merwe) het sy oog op Serah, maar sy het haar hart op die plaasjapie Dawid de Wit (Eugene Jensen) verloor. Wanneer bekende sangsensasie Eddie Elektriek (Steve Hofmeyr) na die dorpie kom, is almal in rep en roer en begin die skindertonge klap. Dis ’n geskud, ’n geskop en ’n gehop vir ’n uur en ’n half.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.