GEVAARLIKE’ BOON-TJIETELLER: ’n Kunstenaarsvoorstelling van die Boeremaglid Adriaan van Wyk. Hy was dalk ’n boontjieteller, maar volgens oud-recce’s was hy g’n niks ’n “recce” soos hy voorgegee het nie. Foto: Foto24
’n Verregse boontjieteller wat lid was van die Boeremag en onlangs in die hooggeregshof skuldig bevind is aan hoogverraad, is kastig ’n “VOORMALIGE RECCE”.
Maar nou sê die Suid-Afrikaanse Liga van Spesiale Magte dis sommer ’n klomp TJOL! Adriaan van Wyk, die Pretoriase rekenmeester wat getaak sou gewees het om Pretoria oor te neem tydens ’n verregse staatsgreep, was SO MIN ’n RECCE SOOS WAT HOENDERS TANDE HET!
Van Wyk verskyn, trouens, heelbo aan die Liga van Spesiale Magte se “wall of shame” wat te sien is op hulle website recce.co.za.Sondag het skaars ’n paar werke gelede berig oor genl. Tinus Gey van Pittius, leier van die Ware Boere Weerstandsbeweging (WBW), wat loop en lieg dat hy ’n recce was.
Volledige berig in die koerant.