Oor en verby? Hou Ciske en Ivan nog handjies vas of gaan die bokshandskoene in die skeihoef uitkom? Grafika: Dawid Roux
Die skindertonge klap oor nog ’n liefling-akteurspaar wie se huwelik blykbaar die final cut bereik het.
Dit lyk of die skeihof wink vir Ivan Botha, die nerdy Wimpie van Bakgat, en sy bruinoog- blondekop-vroutjie, Ciske Kruger Botha, wat ook haar buiging in Bakgat 1 en 2 gemaak het. Hulle is albei nog bloedjonk en boonop besig om hul eie bloedjie ook groot te maak.
Daar was dié week selfs gerugte dat Ciske sak en pak by ’n vriendin, Zetske van Pletzen, en haar man, Altus Theart (Fafa in Bakgat), ingetrek het! Maar Zetske het haar vriendin verdedig en dit ten sterkste ontken.“Daar loop so baie rumours daarbuite, maar Ciske bly nie by ons nie,” het Zetske gesê.
Volledige berig in die koerant.