Smith-span: Adriaan en sy pa ds. Frik Smith saam met hul advokaat en ’n ondersteuner.
’n Dominee se seun het Donderdagoggend in die Vanderbijlparkse landdroshof verskyn in verband met ’n tref-en-trapongeluk.
Amanda Basson (52) is op 1 Maart in die Sebokeng-hospitaal oorlede aan die beserings wat sy tydens die ongeluk opgedoen het.
Die 24-jarige Adriaan Smith het sy eerste hofverskyning saam met sy pa, ’n ondersteuner en sy advokaat gehad. Dit is Adriaan se eerste oortreding en hy wou vra vir versagtende omstandighede.Frik Smith was tot onlangs ’n leraar by die NG-gemeente Driehoek.
Volledige berig in die koerant.