Vat so! Graeme Smith sal moet kophou teen Pakistan.Foto: Getty Images
Die Proteas moet so gou moontlik hulle patetiese eendag-krieketreeks teen die Kiwi’s vergeet, want van Vrydag af saal hulle ’n perd van ’n ander kleur op.
Pakistan is die Proteas se eerste groot toets van die jaar en dié ouens het nie Suid-Afrika toe gekom om maatjies te kom maak nie.
Pakistan is wel in die vierde plek op die wêreldranglys in toetskrieket, maar sy spelers het lank genoeg gewag om te kom wys wat in hulle steek.
Benewens die feit dat hy in 2007 laas deur Suid-Afrika getoer het, het Pakistan laas jaar in Julie laas in ’n toets gejol toe hy die Sri Lankane in Sri Lanka gepak het. Pakistan het daai reeks verloor.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.