Luukse plek: Die Prius se binneruim lyk soos ’n ruimteskip.
DIS dikwels jou ore wat eerste verklap dat jy met ’n spesiale kar te doen het. Sodra jy in ’n lekker sportiewe kar die sleutel draai, hoor jy ’n lekker lustige grom, wat vir jou sê dié kar is lus om te draf.
Wel, in die Toyota Prius druk jy die groot blou aansitterknop en dan hoor jy… NIKS!
Daar gaan net ’n skermpie in die middel van die moderne, byderwetse instrumentepaneel aan, maar daar’s nie ’n geluid nie. Die kar is trouens so stil jy dink die eerste paar keer hy het nie gevat nie.
Daar is natuurlik niks vreemd aan nie, want dis aanvanklik net die elektriese masjien wat aanskakel. Trek die blou rathefboom in D (Dis nog ’n vreemde ding – jy druk hom vorentoe om te tru en trek hom agtertoe om vorentoe te ry.) en jy ry spookagtig stil vorentoe. Nes met ’n gholfkarretjie hoor jy net die bande op die padoppervlak voor die 1800-petrolmasjien inskop.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.