Mootmakietie

Jy ken mos daai Green Day tune When September Ends? Wel, hou eerder die begin van September in jou agterkop. Dis nou Lentedag, 1 September, wanneer die Sondag Mootmakietie gaan gatskop!

As jy nie daai dag seker maak jy kom op die hoek van Meyer en 16de Laan in Villieria in die Moot (Pretoria) by Adelaars Rugbyklub uit nie, gaan jy beslis uitmis op die grootste paartie van die jaar.

Bok van Blerk, Lianie May, Albert de Wet, Kobus Muller, Moniqe Foxx en nog vele meer gaan die verhoog aan die brand sing in die biertuin en enigiets van stalletjies tot brandewyn en cognac-proe vind plaas die dag. kykNET kom skiet ook ’n episode van Bring & Braai by die fees! Selfs die kindertjies kan kom saam paartie aangesien hulle hulle eie kinderarea het.

Hekke maak 10:00 vir die publiek oop en ingang is GRATIS! Om egter deel van die biertuin en die dag se vermaak met top kunstenaars te wees, gaan dit jou maar R50 uit die sak jaag plus jy kry jou eerste bier of koeldrank gratis! Die aand is daar ’n snazzy dans en driegang maaltyd vir R400 per paar.

Alle oud-Lare en Naka rugbyspelers word ook uitgenooi om die dag saam te kom geniet en te kom kyk hoe daar behoorlik by Adelaars gepaartie kan word.

Kaartjies kan vooraf vir die dans en vir die asemrowende show vooraf by Ticketweb gekoop word of op die dag by die ingang van die biertent. Om kaartjies te bespreek gaan na www.webtickets.co.za en gaan soek die Sondag Mootmakietie onder die “Music” afdeling.

Kliek op die logo en bespreek jou kaartjie nou!

Dit gaan ’n paartie vir die rekordboeke wees! Sien julle daar!

http://sondag.co.za/wp-content/themes/magpress