AANGEVAL: Die polisie het glo erg drooggemaak op die misdaadtoneel waar Richard Rennie, ’n beroemde kunstenaar van Clarens, glo deur sy tuinier aangeval is. Foto: Foto24
DIE polisie van Clarens het glo belangrike foto’s van die misdaadtoneel waar die kunstenaar Richard Rennie aangeval is, verloor!
Toe het hulle glo eers sowat twee weke daarna teruggekeer na die misdaadtoneel om die foto’s van voor af te neem.
Maar teen daai tyd was die misdaadtoneel lankal skoongemaak.
Sers. MC Mophiring, ’n polisiewoordvoerder van die area, het aan Sondag bevestig dat die polisie terug is na die toneel omdat ’n kameraskyfie met foto’s van die misdaadtoneel daarop “beskadig” is. Hy kon nie aan Sondag sê presies hoe lank ná die voorval die polisie weer daar was nie.
Maar Rennie, wat aan Sondag bevestig het dat die polisie weer by sy huis was, meen dit was ongeveer twee weke ná die aanval wat die polisie na sy huis teruggekeer het.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.