Woema: Die Swift bring jou ver op min petrol. REGS: Die karretjie lyk soos ’n mollige outjie met spiere onder die babavetjies.
Nadat ek net so ’n handjievol weke gelede Suzuki se wakker Swift Sport gery het, het ek gedink die gewone 1.4-modelletjie gaan maar saai in vergelyking wees. Daai Sport is immers ’n bleddie goeie karretjie.
Wel, ek was verkeerd. Die 1400’tjie is skitterend! Die Swift was aan die voorpunt van Suzuki se aanbod toe hulle vier jaar gelede in Suid-Afrika voet aan wal gesit het. En laas jaar is die nuwe modelletjie geloods.
Op die oog af is hierdie GLS ’n pragtige karretjie. So ’n mollige dingetjie, maar met die belofte dat dit meer as net ’n mooi gesiggie is. Jy kry beslis die indruk dat daar ’n knorrige karretjie onder die uiterlike wegkruip.
Volledige berig in die koerant.