Staan Uit: Met die KB72 gaan jy nie net nog een van die vales wees wat ’n bakkie bestuur nie. Foto: Quickpic
Kyk ’n mens maand na maand na die nuwe voertuig-verkoopsyfers, is dit net ’n swart op wit bevestiging dat ’n groot groep Suid-Afrikaners se mees geliefde ryding ’n bakkie is.
’n Bakkie is so eie aan Suid-Afrika soos Riaan Cruywagen se kwinkslae met die nuus om 19:00 op ’n weeksaand. Maar dié dat bakkies so gewild is, beteken dat jou
voertuig maklik tussen die massas verdwyn.
Sou jy ’n Isuzu KB72 aanskaf, is dit nie die geval nie. Die KB72 is ’n opgetofde weergawe van die gewone KB en het sy inspirasie gekry uit die 72 uitmergelende ure wat dit die Isuzu gevat het om 15 afstand- en spoedrekords op Gerotek op te stel.
Volledige berig in die koerant.