Lindie van Binnelanders.Foto: Ivan Naude
Groot Gerrie, my lyf lyk beter as Lian Fourie se lyf! Dalk moet jy eerder jou jagse drange op my uithaal! – Traai My
Apartheid word altyd vir alles geblameer, maar wat verdien Zuma en Kie? Miljoene? Natuurlik sorg hulle net vir hulself, die armes kan maar plak! Dit is ’n skande! – Chris B
Cyril van Upington, jy wat sê Heyneke Meyer moet vir Morné Steyn drop, ly aan bek-bekotsing man! Shut your brabble trap! – Vaalie
Pelgrimsrus is weereens vir ons ’n voorbeeld van die Afrikaner se slapgatgeit! Gaan ons toelaat dat hierdie soort ding ook in die res van ons land gebeur? – Bekommerd
Ek soek die foonnommer van mooie Adeline! – Robert
Lindie, ek weet waardeur jy gaan. Ek is self ’n depro mens. Hou jou kop hoog en boggher die mense! As hulle jou by Binnelanders uitskryf, kry regshulp! – Depro Mens
Peet Bothma, hoe de f*k kan jy ’n sanger vat wat nie eers sy eie dinge kan reël nie en hom op ’n trust laat dien en dan nog die publiek laat vote. Dit is f*ck*d up! Kom by! – Anoniem
Christa Petersen is ’n mens wat ander mense se lewens hel maak. Sy moet haarself regruk. Dit is maklik om jou probleme op ander af te skuif of jou ouers te beskuldig. – Bella
Nee kyk! As jy in die parlement is, of jy het ’n graad, of beklee die een of ander pos, is jy klaarblyklik die enigste donner wat kan dink en f*k die res! Soos Peter Arnold van Pick n Pay! Met pryse wat nie dadelik kan daal as die petrolprys daal nie, want dit is kamtig aangekoop toe petrol duur was! Maar as die petrol op gaan, sit julle die pryse sommer dadelik op! Of dit nou nuwe goed of ou goed is, die prys gaan op ou maat! Lyk my jy moet geleerd wees om groot k*k te praat. – Frik, GP
Jaco Lotriet, ek is gay en tel gereeld snytjies en blou kolletjies op! Al wat regtig help: suig ’n grandpa!– Anoniem
Hoekom word SABC2 altyd gebruik om Zuma se toesprake uit te saai? Ons Afrikaanse programme moet altyd terug staan. SABC1 en 3 is swart kanale. Kan dit nie gebruik word vir regering-propaganda nie? Ek wil graag weet of Emma nie vervang kan word nie? Pragtige 7de Laan nou 7de Laan scrap.– Frikkie, Pretoria
Baie dankie aan Sondag en verslaggewer Estene Vorster vir julle terugvoering en harde werk i.v.m die Smith-saak in Vanderbijlpark. Ons waardeer dit opreg. Julle is tops. – Gert
Jinne, die land kom wit en swart goed oor die weg. Mnr. Zuma niemand hou egter van die absolute swak regering nie. Swak paaie, vrot water, vuil strate… Nee dankie. – Chris B