Hmmmm! Het ek nou die volle waarheid vertel of is ’n witleuntjie of twee darem nog in die haak, is blykbaar wat Lance Armstrong hier dink.Foto: Reuters
LANCE ARMSTRONG jou lae luis. Dié druggie gaan staan toe wragtig en lieg in ’n program waarin hy oor sy sondes moes bieg.
Volgens Sapa-AFP het die hoof van die Anti-opkikkeragentskap (Usada), Travis Tygart, aan CBS-netwerk gesê Lance het leuns aan Oprah Winfrey vertel toe hy twee weke gelede ’n eksklusiewe onderhoud met haar gevoer het.
Een van die dinge waar hy nie die volle waarheid gepraat het nie, is dat hy ná sy terugkeer tot fietsry in 2009 en 2010 geen drugs gebruik het nie. Tygart sê toetse toon aan dat die kans een uit ’n miljoen is dat iets anders as drugs in dié verneuker se bloed in daai twee jaar was.
Volgens die antidrug-baas het Lance ook gelieg toe hy aan Oprah gesê het hy het nie sy spanmaats gedwing om ook opkikkers te gebruik nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.