MACHO: Hy’t erken hy lieg, maar genl. Tinus Gey van Pittius hou sy lyf steeds die mekkie-van-die-plekkie. Grafika: Scoop Cloete
Die regse leier wat sy volgelinge vir ape probeer vat het deur homself voor te doen as ’n oud-recce, het nou VERSKONING gevra vir sy GELIEGERY!
Dinge het duidelik ’n bietjie warm geraak vir genl. Tinus Gey van Pittius, leier van die Ware Boere Weerstandsbeweging (WBW). Sondag het hom so twee weke gelede ontmasker as ’n FAKE en ’n KANSVATTER van die ergste graad!
Ons het berig oor Gey van Pittius wat wyd en syd verkondig dat hy lid van die spesiale magte was in die bosoorlog. Hy’t tot onlangs toe boonop met ’n vermoedelik vervalsde operateursbalkie (die kenteken van die recce’s) op sy lapel rondgeloop.
Volledige berig in die koerant.