WHAHAHAHA! Dis lekker om in die koue partytjie te hou. Foto: Jaco Nel
Vanjaar was dit tyd om die Bosveld hard te laat ruk met die Oppikoppi Sweet\Thing-fees.
Duisende mense het al die pad Northam toe gery om die koue te trotseer en ’n paar van Suid-Afrika se beste plaaslike rock ’n roll-groepe te gaan kyk. Dit was bibberend en bebliksemd, sommer so in dieselfde asem.
As ons voorheen gereken het ons weet die Koppi-ouens weet hoe om ’n jol te ruk, weet ons dit nou EERS. Tot volgende jaar dan, en ons hoop van harte meeste van die mense op hierdie foto’s recover behoorlik.