JINGLE BELLS: Cornelia de Wet gaan Kersfees agter tralies deurbring.Grafika: Scoop Cloete
Die regse “Leeuwyfie” wat in Mei gearresteer is vir onder meer hoogverraad, terrorisme en die besit van onwettige ammunisie en plofstof sal hierdie Kersfees AGTER TRALIES moet deurbring!
Cornelia de Wet het laas nog gebieg dat sy en ’n regse organisasie genaamd die Leeuwag beplan het om ’n staatsgreep uit te voer en Sondag se joernalis wou “uithaal”. Sy het dié week vanuit die tronk gesê sy wens sy kon haar kinders oor Kersfees sien.
“Maar dit gaan nie gebeur nie, want my familie mag my eers weer in Januarie kom besoek,” het ’n mismoedige De Wet die afgelope week tydens ’n telefoniese onderhoud aan Sondag vertel. Cornelia het twee dogters, Cornelia (13) en Joey (4), asook ’n buite-egtelike kind, glo by een van haar opperbevelvoerders in die Leeuwag.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.