LEEUWYF: Cornelia de Wet is oorgeskuif MAKSIMUMSEKURITEIT toe na sy glo probeer ontsnap het.
’n Regse rabbedoe wat verhoorafwagtend is na sy glo ’n staatsgreep beplan het en bekendstaan as die Leeuwyfie, is na ’n ander tronk se MAKSIMUMSEKURITEIT-AFDELING verskuif na sy glo “irrasioneel” opgetree het kort ná Krismis.
Cornelia de Wet, die Leeuwyf, bevind haar nou in die maksimumsekuriteitafdeling van ’n tronk in Bethal na ’n episode op die 27ste Desember. Sy beweer tronkowerhede beskuldig haar en vier ander gevangenes valslik daarvan dat hulle uit Middelburg-gevangenis probeer ontsnap het.
Maar toe Sondag die afgelope week die tronkowerhede bel, het hulle niks van hierdie beweerde ontsnapping geweet nie.
Daar is wel aan Sondag verduidelik dat Cornelia ’n tipe van vloermoer gegooi het wat só erg was dat sy haarself beseer het. Cornelia het Sondag die afgelope week vanuit die tjoekie gebel om te laat weet dat dit nie die waarheid is dat sy probeer ontsnap het nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.