Mamma:Jo da Silva het ’n vlugtige romanse met een van haar heelwat jonger kollegas gehad. Foto: 7de Laan
Twee gewilde 7de Laan-karakters se TV-tongsuigery was die eerste vlamme van ’n witwarm verhouding wat later tussen hulle ontstaan het!
Maar Suid-Afrika se eie Demi Moore (Jo da Silva, 42) en Ashton Kutcher (Werner Coetser, 24) se verhouding was van die begin af gedoem, want Jo kon dié katelknaap se MAMMA gewees het. Die twee se karakters Bernard Jordaan en Gita McGregor het verlede jaar die tonge laat klap toe hulle die kassie laat toewasem het.
En Gita is boonop Bernard se halfboetie se mammie! Werner het op 7de Laan se webwerf verklap dat dit die moeilikste storielyn was waarby hy nog betrokke was: “Om so intiem en verlief te wees op iemand sonder dat jy persoonlik betrokke raak is nie maklik nie.”
Volledige berig in die koerant.