BROKEBACK: Landdros Jan du Plessis erken deesdae ruiterlik hy is gay.
’n Gay landdros van Louis Trichardt in Limpopo erken nou openlik hy het destyds minstens twee flings met ander mans gehad in die nege jaar wat hy en sy eks- vrou getroud was.
Maar volgens Jan du Plessis, die landdros werksaam by die Tshilwavhusiku-landdroshof buite Louis Trichardt, was ’n plaaslike dominee beslis nie een van die manne op sy kerfstok nie! Jan is glo reeds op 7 Desember 2007 amptelik van sy vrou geskei.
Hoewel skinderstories al die afgelope vyf jaar deur die dorp loop, het Jan hierdie week die eerste keer in ’n eksklusiewe onderhoud met Sondag skoongekom om ’n einde te maak aan hardnekkige gerugte wat die hele dorp vol lê.
Volgens Jan was dit in daardie stadium (wat hy die flings gehad het) reeds duidelik dat hy en sy vrou se verhouding op die rotse was. Jan erken vandag, sowat vyf jaar ná die stormagtige verbrokkeling van hul huwelik, ruiterlik hy is gay.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.