TEIKEN: Landdros Deidre Venter word glo teen ’n koste van tussen R60 000 en R70 000 deur lyfwagte opgepas waarvoor die belastingbetaler moet opdok. Haar lewe is in gevaar. Dit is glo ’n plaaslike konstabeltjie wat haar teister. Foto: Scoop
’n Vanderbijlparkse vrouelanddros word glo teen R70 000 per maand opgepas deur lyfwagte wat deur die belastingbetaler gefinansier word – glo omdat ’n COP HAAR WIL UITHAAL!
Landdros Deidre Venter se motor is al gevandaliseer, sy hoor gereeld van doodsdreigemente en daar word kwaadwillige gerugte oor haar in hofgange versprei dat sy met Nigeriese dwelmhandelaars slaap. Nou het Sondag ook te hore gekom van ’n KOMPLOT OM HAAR OM DIE LEWE TE BRING!
Maar nie die plaaslike polisie of plaaslike landdroshof blyk juis geërg te wees om reg en geregtigheid te laat geskied en hierdie beweerde rammetjie-uit-nek polisieman vas te vat nie.
Volledige berig in die koerant.