kwaaitjie: Daantjie “Dinamiet” Badenhorst was al in die sop oor sy vloermoere op Noot vir Noot. Gaan hy ’n tantrum gooi oor Musiek Trivia ook?
Daantjie “Dinamiet” Badenhorst is omtrént vasbeslote om sy empire as triviakoning op te bou, maar daar’s nou mense wat reken dat die bra CHEAT!
Die Dinamietstokkie het al Noot vir Noot gewen en ook Flinkdink. Hy’t die 14de Julie aan Johan Stemmet se nuwe musiekprogram, Musiek Trivia, gaan deelneem en die boerpot van R68 300 losgeslaan!
Hy het die finale rondte gewen deur vyf liedjies in 30 sekondes te identifiseer, maar die kykers op Musiek Trivia se Facebook-blad reken die liedjies is stadiger gespeel.
Volledige berig in die koerant.