Vra vir loerbroer: TV-refs het in die Curriebeker al hoe meer sê.Foto: Getty Images
Big brother loer vir jou! Rugbyspelers kan gereed maak dat hulle nie meer met skelmstreke weg kan kom nie en dat hulle nou summier ’n rooi- of geelkaart deur ’n TV-ref gewys kan word as hulle agter die ref se rug oortree.
Dit kom na die Internasionale Rugbyraad (IRR) Vrydag die voorstelle om die TV-refs meer sê in die game te gee, voorlopig goedgekeur het en dit reeds van Vrydag af in die Eerste Divisie van die Curriebeker-reeks getoets word. Met dié nuwe reëling kan refs hul TV-kollegas vir meer duidelikheid vra oor voorvalle soos vuilspel of foute, soos vorentoe-aangeë en aanslane, wat moontlik kon gebeur het voor ’n speler gescore het.
Die grootbaas van die Suid-Afrikaanse refs, André Watson, is heel in sy skik met dié nuwe reëling en sê hy en sy span is baie opgewonde om dit te toets. “Verwysings kan byvoorbeeld nou na ’n vorige beginpunt soos ’n strafskop, vryskop, lynstaan, skrum of afskop gaan, maar nie verder as twee losgemale nie,” sê hy.
Volledige berig in die koerant.