E-tol: Die regering is vasbeslote, maar hulle kry die wind van voor.Foto: Foto24
As die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) sy sin kry, gaan vanjaar se Kersfees sonder e-tol dalk langer duur as net een Desember.
Dié organisasie se hersieningsaansoek begin môre in die hooggeregshof in Pretoria. As die hooggeregshof teen die regering beslis en die regering se appél misluk ook, sal hulle glad nie kan voortgaan met e-tol in sy huidige vorm nie.
Dit sal die finale bloutjie vir die regering wees. Dié week het vir groot blydskap onder motoriste gesorg toe die Nasionale Vergadering nie die wetsontwerp wat motoriste wil verplig om e-tol te betaal, aanvaar het nie.
Dis ook summier van die NV se besprekingslys afgehaal en sal eers aanstaande Februarie in die parlement hanteer word.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.