Kaptein: Jean de Villiers. Foto: Foto24
Die Springbok-coach, Heyneke Meyer, het gistermiddag ’n voorlopige groep van 30 spelers aangekondig wat oor die volgende nege weke vir die Bokke moet diens doen in die Rugbykampioenskapsreeks.
Dié reeks is in die plek van die Drienasies-reeks en gaan tussen die Bokke, All Blacks, Wallabies en Poemas van Argentinië beslis word. Dié reeks skop Saterdag, 18 Augustus, af wanneer die Wallabies en die All Blacks mekaar in Sydney pak en die Bokke en die Poemas mekaar die stryd in Kaapstad gaan aansê.
Dié groep gaan na dié toets tot 26 spelers verkort word voordat hulle Argentinië toe gaan om die daaropvolgende Saterdag in Mendoza weer teen die Poemas te jol. Bjorn Basson, Juan Smith, Schalk Burger, Heinrich Brüssow, Bandise Maku en Coenie Oosthuizen is nie oorweeg nie omdat hulle met beserings sukkel.
Volledige berig in die koerant.