Schalk Burger, Jean de Villiers of selfs Pierre Spies?
Bok-coach Heyneke Meyer gaan een van dié drie manne vanjaar sy Bokkeppie maak. Hoewel Jean hom laas jaar goed van sy taak gekwyt het nie, het hy nie heeltemal oortuig nie. Die volgende World Cup is in 2015 en Vader Tyd begin vinnig tik-tok vir hom. Heyneke sal dit in sy agterkop hou wanneer hy sy keppie vir vanjaar aanwys.
Schalk was ’n sterk kandidaat om die Bokleisels by John Smit oor te vat, maar sy kniebesering het die weg vir Jean gebaan. As Burger weer die verwoester van ouds ná sy besering kan wees, behoort hy ’n inspirerende leier te wees.
Maar met die baie diepte onder die loosies gaan hy nie net in die Bokspan instap nie.