Gelukkiger dae: Angelique Gerber en Ben-G op vakansie.
Hy hét haar toe verneuk.
Die aktrise Angelique Gerber, wat voorheen die rol van Clara, die Roemeense flerrie, in 7de Laan vertolk het, se man Ben-G was ontrou. Angie is deesdae ook die aanbieder van Boer Soek ’n Vrou. Angie, wat bietjie meer as ’n jaar gelede ’n sprokiestroue by Rust en Vrede in die Boland gehad het, se huwelik is so diep in die moeilikheid dat daar blykbaar geen ander uitweg vir hulle is behalwe om te skei nie.
Sondag het vroeër berig oor die huwelik wat op die rotse is, maar die Angie-span het dit heftig ontken. Ronel Brink (hulle woordvoerder), Lynette (Angelique se ma) en Angelique self het almal erken dat daar probleme is, maar het dit afgemaak as “die gewone klein probleme waardeur elke huwelik gaan”. Dit was toe al die tyd nie die waarheid nie.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.