Spoed: As dit nie mooi is nie, glo jy ook seker Lance Armstrong was die eerste man op die maan.
DIS nou maar wors! ’n Superkar laat die hart soos ’n besetene spring.
Honda se nuwe NSX-konsepkar is geen uitsondering nie.
Honda het al great karre soos die S200 vervaardig en die nuwe NSX se kurwes laat enige baardbek met kwyl agter. Die eerste NSX het in 1990 die lig gesien en is tot 2005 vervaardig.
Dié nuwe NSX spog met ’n nuwe generasie VTEC V6-enjin en is van ligte materiaal gemaak. Volgens Honda.co.za gebruik dié NSX ’n nuwe hibriede all-wheel-drive-stelsel en kan dadelik negatiewe of positiewe wringkrag na die voorwiele genereer wanneer die kar in die draai is.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.