Baaibaai! Hierdie is die deel van die Citroën DS5 wat ander ouens die meeste gaan sien.
Nes die Franse rugbyspan op sy beste enige span van die veld af kan speel, kan hierdie haan ook lekker windgat en vol flair op Suid-Afrikaanse paaie met sy stertvere in die lug pronk.
Citroën se DS5 is ’n classy meneer en skree Franse sjiek en sjarme. En dis net so hard as wat daai 1.6 liter turbo-enjin skree!
Die 1.6 liter turbo-enjin gee die DS5 ook meer as genoeg woema en as daai turbo inskop, klink dit nes kitaarsolo’s vol lekkende vuurvlamme. Die turbo-mouter skop ’n stewige 147 kW, met wringkrag van 275 Nm.
Volledige berig in die koerant.