Selfmoordpakt: Na die berig verskyn het, is Christa uit haar ouerhuis gegooi. Foto: Dawid Roux
Nadat twee Radio Kansel-werknemers ’n selfmoordpakt aangegaan het, het Josie Raath voortgegaan met die selfmoord, maar Christa Petersen Johnson het kop uitgetrek.
Hoekom? Want sy kon doodeenvoudig nie voortgaan met die besluit nie omdat haar familie te veel vir haar beteken het. Maar ses maande later wonder sy of sy die regte besluit geneem het.
“Vir wat lewe ek steeds? Niks wat ek doen, is goed genoeg vir my familie nie. My pa gaan my hel toe stuur as ek hierdie onderhoud voer – hulle het my met prokureursbriewe gedreig om stil te bly, maar ek kan nie meer nie,” vertel ’n ontstelde Christa.
Volledige berig in die koerant.