’n Nagmerrie het Kallie getref - hy het per ongeluk oor sy vierjarige kleinkind gery.
Die arme oudkampioen bokser, Kallie Knoetze, is in ’n verskriklike toestand nadat hy per ongeluk oor sy kleinkind gery het.
Die kleintjie is vier jaar oud. Hy en sy boetie het vir Oupa weggekruip toe hy by sy tuin ingery en onder die boom parkeer het. ’n Hewig ontstelde Kallie het aan Sondag vertel dat dit die grusaamste ding is wat nog ooit met hom gebeur het en dat hy vreeslik sukkel om daaroor te kom. “Ek kon hom doodgery het,” snik Kallie. Volgens Kallie het die kleintjies in die tuin vir Oupa weggekruip.
“Ek het reverse en ’n vreemde klank gehoor. Altwee kleintjies was agter die kar en ek het oor die enetjie gery,” vertel Kallie. Toe Kallie uit die kar klim het die tweejarige boetie vir hom gestaan en kyk en die ander enetjie was onder die wiel.
“Oupa jy het bo-oor my gery,” het die kleintjie vir Kallie gesê.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.