Vordering: Malema was die afgelope week in Sandton om te kyk hoe sy nuwe huis aankom. Foto: Liza van Deventer
Net ’n paar weke terug huil Julius Malema snot en trane hoe brandarm en alleen hy is, maar
dié week het werk aan sy Sandton-huis weer hervat.
Malema se huis in dié spoggerige buurt kos sowat R16 miljoen.
Volgens Sapa het die uitgesmyte ANC-jeugligaleier die afgelope week sy huis besoek
om te kyk hoe die bouery vorder.
“Hy
het hier aangekom
om te kyk hoe ver ons is en was baie happy met die vordering,” het ’n bouer gesê.
Malema se paleisie sluit ’n deck op die dak asook ’n bunker in.
Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.