In die mark: Kurt Darren en vroulief Dunay se liefdeshuis op ’n landgoed in Midrand is nou ook in die mark. Foto: Sondag
Kaptein Kurt Darren is glo so PLATSAK hy het besluit om sy wildplasies en sy paleis op die Blue Valley gholflandgoed in Midrand te verkoop.
Die tonge het die afgelope week wild geklap oor die Heidi-sanger se geldsake noudat sy plasie net buite Naboomspruit op ’n VEILING TE KOOP AANGEBIED WORD! Die veiling is in ’n dagblad en op Vans Auctioneers se webwerf geadverteer.
Maar Kurt het in ’n verklaring gesê sy loopbaan is heel gesond. Sy vriende by Vans Auction-eers is die enigstes wat hy vertrou om die plaas te verkoop. Hy glo dis sy beste kans om die prys te kry wat hy wil hê.
En die sommetjie wat Kurt vir die plasie van sowat 290 hektaar wil hê, is tussen R7 miljoen en R8 miljoen. Dan gaan hy maar net sowat R2 miljoen wins maak, want Sondag kan vandag onthul dat daar ’n uitstaande verband van R6 miljoen is.
Volledige berig in die koerant en die pdf-weergawe.